pexels artur roman 518400 e1695555543599

Orania Hemel op Aarde Selfsorg Akkommodasie

Welkom by Hemel op Aarde

Doelgeboude Orania selfsorg akkommodasie en vakansieverblyf in Karoosig, Orania.

Orania se ekonomie groei ten spyte van die ellendes elders. Honderde mense kom besoek Orania elke maand, hetsy uit nuuskierigheid of om te kom sien of hulle deel wil word van ons unieke gemeenskap.

Karin & Christo Müller het hul hartsbegeerte in 2020 waar gemaak toe hulle na Orania verhuis het. Orania Hemel op Aarde selfsorg verblyf het met twee selfsorg woonstelle begin, maar moes vinnig groei en bestaan nou uit vier verskillende akkommodasie eenhede. Dis die resultaat van hul belegging in die dorp se droom.

Foto van 'n skildery in Orania akkommodasie by Hemel op Aarde selfsorg verblyf

Waarom Orania?

“Orania bestaan omdat Suid-Afrika uit ʼn veelheid van gemeenskappe bestaan. Orania gee aan die werklike stand van sake gestalte en wys dat die idee van ʼn reënboognasie nie beteken dat elke meter van Suid-Afrika presies dieselfde moet lyk nie. ʼn Gemeenskap soos Orania , as lewende voorbeeld van die ideologie van nuwe Suid-Afrikanisme, is ʼn gemeenskap wat werklik bestaan, niemand skade aan gedoen het nie en boonop met bitter min hulpbronne ʼn funksionerende dorp opgerig het.”

Orania is dikwels in die nuus, dikwels as ‘n jag na sensasie. Dis beter om self te kom kyk en te ervaar hoe die inwoners hule Afrikanerskap uitleef. Hier is baie geleenthede vir gewone mense, wat gewone dinge doen, en doodgewone lewens lei, maar wat verkies om dit te doen binne ‘n gemeenskap waar hulle nie hul grappies of denkwyse hoef te vertaal of vertolk sodat hul buurman dit kan verstaan nie.

Prakties gesproke is Oranie ‘n klein, maar snelgroeiende plattelandse dorp waar die inwoners dieselfde taal praat en – min of meer – dieselfde aanbid, werk, skoolgaan, kuier, eet, en ontspan.

Kom kuier, eet koeksisters, vang vis, besoek die spa, en maak jou eie besluit oor ons geliefde dorp.

Skakel of WhatsApp Karin op 071-389-9901

Scroll to Top